最美情侣中文字幕电影,在线麻豆精品传媒,在线网站高清黄,久久黄色视频

歡迎光臨散文網(wǎng) 會(huì)員登陸 & 注冊(cè)

共產(chǎn)黨宣言(南非荷蘭語(yǔ))㈡ DIE KOMMUNISTE MANIFES⑵

2023-01-29 10:12 作者:宇文紅星  | 我要投稿

? ? ?DIE KOMMUNISTE MANIFES

? ? ? 'n Skrikgedaante loop in Europa rond — die spook van die Kommunisme. Al die magte van die ou Europa het hulle in 'n heilige verbond verenig om die spook te besweer: die Paus en die Tsaar, Metternich en Guizot, Franse radikale en Duitse polisiespioene.


? ? ? Watter opposisieparty is nie deur sy regerende teenstanders vir Kommunisties uitgeskel nie, en watter opposisieparty het die skandelike verwyt van Kommunisme teen die nog verder gaande opposisie sowel as sy reaksionere teenstanders nie teruggeslinger nie?


? ? ? Uit hierdie feit is twee gevolgtrekkings te maak:—


? ? ? 1. Die Kommunisme word alreeds deur al die Europese magte self as 'n mag erken.


? ? ? 2. Dit is hoog tyd dat die Kommuniste hulle opvattings, hulle bedoelings, hulle rigting aan die hele wereld blootle en in die plek van die sprokie van die Kommunistiese spook ‘n manifes stel van die party self.


? ? ? Vir die doel het Kommuniste van verskillende lande en nasionaliteite in Londen byeengekom en die volgende Manifes opgetrek wat in die Engelse, Franse, Duitse, Italiaanse, Vlaamse en Deense tale uitgegee sal word.

? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ?I.

BOURGEOISIE EN PROLETARIAAT[1]

? ? ? Die geskiedenis van alle maatskaplike lewe wat tot dusver bestaan het,[2] is 'n geskiedenis van klassestryd.


? ? ? Vryburger en slaaf, patrisier en plebejer, baron en lyfeiene, gildemeester[3] en vakman, met een woord, onderdrukkers en onderdruktes was gedurig teen mekaar gekant, het 'n onafgebroke soms verborge, dan weer openlike stryd gevoer, 'n stryd wat altyd uitgeloop het of op 'n rewolusio nere rekonstruksie van die hele maatskappy,. of op die gesamentlike ondergang van die strydende klasse. In die vroeere tydperke van die geskiedenis vind ons byna oral 'n ingewikkelde indeling van die maatskappy in verskillende st?nde, 'n menigvuldige maatskaplike rangskikking.


? ? ? In ou Rome kry ons patrisiers, ridders, plebejers en slawe; in die Middeleeue leenhere, leenmanne, gildemeesters, vakmanne, lyfeienes, en in byna elkeen van die klasse weer ondergeskikte klasse.


? ? ? Die moderne bourgeois-maatskappy, wat uit die onder gang van die feudale maatskappy gespruit het, het die klasseteenstrydighede nie verwyder nie. Dit het slegs nuwe klasse, nuwe vorme van onderdrukking, nuwe vorme van die stryd in die plek van die oues gesteh


? ? ? Ons tydvak, egter, die tydvak van die bourgeoisie, word van ander tydvakke hierdeur onderskeii: dit het die klasseteenstrydighede vereenvoudig. Die hele maatskappy is meer en meer aan skeur in twee groot vyandige kampe, in twee groot klasse wat regstreeks teenoor mekaar staan — bourgeoisie en proletariaat.


? ? ? Uit die slawe van die Middeleeue het die vryburgers van die oudste stede ontstaan; uit die vryburgers het die eerste elemente van die bourgeoisie ontwikkel.


? ? ? Die ontdekking van Amerika, die omseiling van Afrika! het vir die opkomende bourgeoisie rn nuwe gebied oopgestel. Die Oos-Indiese en Chinese mark, die kolonisasie van Amerika, die handel met die kolonies, die vermeedering van ruilmiddels en van koopware in die algemeen het die handel, die skeepvaart en die Industrie laat uitbrei soos nooit tevore nie en daardeur die rewolusionere element in die verfallende feudale maatskappy tot rn snelle ont wikkeling gebring.


? ? ? Die feudale industriele stelsel, waarin industriele produksie deur gildes gemonopoliseer is, kon nie meer in die behoeftes van die toenemende markte voorsien nie. Die handfabriekstelsel het in die plek daarvan outstaan. Die gildemeesters is deur die industriele middelstand verdring; die verdeling van die arbeid onder die verskil lende gildes of korporasies is vervang deur die arbeidsverdeling in die afsonderlike werkplekke self.


? ? ? Intussen het die markte steeds toegeneem, die aanvraag steeds gestyg. Selfs die handfabriekstelsel was nie meer voldoende nie. Daarop het stoom en masjinerie in die industriele produksie 'n omwenteling teweeggebring. In plaas van die handfabriekstelsel het die reus, die moderne Industrie, gekom, in plaas van die industriele middelstand, die industriele leers, die moderne bourgeoisie.


? ? ? Die moderne Industrie het die wereldmark in die lewe geroep, waarvoor die ontdekking van Amerika die weg voorberei het. Die wereldmark het die reusagtige uitbreiding van die handel, die skeepvaart, die verkeer op land teweeggebring. Dit het weer die uitbreiding van die Industrie bevorder, en met die uitbreiding van nywerheid, handel, skeepvaart, spoorwee het die bourgeoisie in gelyke mate ontwikkel, sy kapitaal vermeerder en al die klasse wat uit die Middeleeue afkomstig was op die agtergrond verdring.


? ? ? Ons sien dus hoe die moderne bourgeoisie self die voortbrengsel is van 'n landurige ontwikkeling, van 'n reeks omwentelinge in produksie- en verkeerswyse.


? ? ? Elke stap in die wordingsproses van die bourgeoisie het gepaard gegaan met 'n ooreenkomstige politieke vooruitgang van die klas. Waar dit eers 'n verdrukte stand onder die heerskappy van die leenhere was, het dit geword 'n gewapende en self standige vereniging in die middeleeuse kommune ;[4] hier 'n onafhanklike stedelike republiek, daar 'n belasbare ?derde stand" van die koriingsregering; naderhand, in die tydperk van die handfabriek, 'n teenwig vir die adel in die of beperkte of onbeperkte monargie, en inderwaarheid die vernaamste van al die groot monargiee — so het die bourgeoisie uiteindelik, sedert die stigting van die moderne industrie en die wereldmark, in die moderne verteenwoordigende staat die uitsluitende politieke heerskappy verower. Die uitvoerende liggaam van die moderne staat is niks meer nie as 'n komitee vir die behartiging van die gemeenskaplike sake van die hele bourgeoisie.


? ? ? Die bourgeoisie het in die geskiedenis 'n hoogs rewolu sionere rol vervul.


? ? ?Die bourgeoisie, waar hulle die mag verower het, het 'm end gemaak aan feudale, aartsvaderlike, idilliese verhoudinge. Hulle het die veelkleurige feudale b?nde wat die mens aan sy natuurlike base geknoop het, onbarmhartig;. verskeur en geen ander band tussen mens en mens laat oorbly nie as suiwere eiebelang en ongevoelige ,, kontante betaling ". Hulle het die heilige ontroering van die vrome dweepsug, van die ridderlike besieling, van Filistynse sentimentaliteit in die yskoue water van selfsugtige berekening verdrink. Hulle het persoonlike waarde verlaag tot die peil van ruilwaarde en in die plek van die tallose gewaarborgde swaargewonne vryhede een gewetenlose vryheid gestel — die Vrye Handel. Hulle het, in een woord, in die plek van 'n uitbuiting wat met godsdienstige en politieke illusies omhul was 'n openlike, onbeskaamde,. direkte, wrede uitbuiting gestel.


? ? ? Die bourgeoisie het alle bedrywighede wat vroeer geeerd' en met eerbiedige skroom beskou was van hulle heilige skyn beroof. Hulle het die geneesheer, die regsgeleerde, die priester, die digter, die wetenskaplike hulle loonarbeiders gemaak.


? ? ? Die bourgeoisie het van die familie-verhouding sy roerend-sentimentele sluier afgeskeur en daar 'n bloot geldelike verhouding van gemaak.


? ? ? Die bourgeoisie het blootgele hoedat die brutale kragsbetoon, wat die reaksie so seer in die Middeleeue bewonder het, sy passende aanvulling in die ergste luiheid gevind het. Hulle was die eerste om te wys wat die bedrywigheid van die mens tot stand kan bring. Hulle het heeltemal ander wonderwerke volbring as Egiptiese piramiede, Romeinse waterleidinge en Gotiese katedrale; hulle het togte onderneem wat alle vorige volksverhuisings en kruistogte oortref het.


? ? ? Die bourgeoisie kan nie bestaan sonder om gedurig omwentelings teweeg te bring in die produksiemiddele ert dus ook in die produksieverhoudinge en daarmee ook in alle maatskaplike verhoudinge nie. Onveranderde instand houding van die ou produksiewyse was daarenteen die eerste lewensvoorwaarde van alle vroeere industriele klasse. Voortdurende omwenteling van die produksie, onafgebroke verstoring van alle maatskaplike toestande, ewige onsekerheid en agitasie onderskei die tydvak van die bourgeoisie van alle vorige tydvakke. Alle vaster ingeroeste verhoudings, met hulle nasleep van idees en opinies wat weens hul ouderdom eerbiedwaardig geag is, smelt weg; die pasgevormdes verouder voor hulle kan verstyf. Alles wat bestendig is en vasstaan, verdwyn; alles wat heilig is, word geskend, en die mens word eindelik gedwing om sy bestaan en sy verhouding teenoor sy medemense met nugter oe te bekyk.


? ? ? Die behoefte aan 'n steeds meer uitgebreide afsetgebied vir hulle produkte ja die bourgeoisie oor die hele aardbol heen. Oral moet hulle nes maak, hulle oral vestig, oral verbindinge aanknoop.


? ? ? Die bourgeoisie het deur hulle ontginning van die wereldmark aan die produksie en die verbruik van alle lande 'n kosmopolitiese Stempel gegee. Hulle het, tot groot ergenis van reaksionere mense, die nasionale grondslag van die industrie van onder sy voete weggeruk. Die aloue nasionale nywerhede is vernietig en word nog daagliks vernietig. Hulle word verdring deur nuwe nywerhede, die invoering waarvan vir alle beskaafde volke 'n lewenskwessie word, deur nywerhede wat nie meer inheemse grondstowwe be werk nie maar grondstowwe uit die mees afgelee streke geput; nywerhede die produkte waarvan nie alleen in die land self nie maar in alle dele van die wereld tegelyk verbruik word. In die plek van die ou behoeftes wat deur die opbrengs van die land bevredig is, kom nuwes wat vir hulle bevrediging die produkte van die mees verwyderde lande en klimaatstreke vereis. In die plek van die ou plaaslike en nasionale selfgenoegsaamheid en afgeslotenheid kom 'n alsydige verkeer, 'n alsydige afhanklikheid van die volke onderling. En soos met die stoflike, so ook met die geestelike produksie. Die geestelike voortbrengsels van die aparte volke word gemeengoed. Nasionale eensydigheid en bekrompenheid word meer en meer onmoontlik en uit die verskillende nasionale en plaaslike literature ontstaan 'n wereldliteratuur.


? ? ? Die bourgeoisie trek, deur die snelle verbetering van alle produksiemiddele, deur die oneindig vergemaklikte verkeerswee alle volke, selfs die agterlikste, in die beskawing in. Die goedkoop pryse van hulle ware is die grof-geskut waarmee hulle alle Chinese mure plat skiet, waarmee hulle die hardnekkigste vreemdelingehaat van barbare tot oorgawe dwing. Hulle dwing alle nasies om die produksiewyse van die bourgeoisie oor te neem as hulle nie te gronde wil gaan nie; hulle dwing hulle om die sogenoemde beskawing by hulle in te voer, d.w.s., om bourgeois te wTord. In een woord, hulle skep vir hulle 'n wereld na hulle eie beeld.


? ? ?Die bourgeoisie het die platteland aan die heerskappy van die stad onderwerp. Hulle het enorme stede geskep, hulle het die getal van die stedelike teenoor die plattelandse bevolking in hoe graad vermeerder en dus 'n aansienlike deel van die bevolking aan die agterlikheid van die platte landse lewe onttrek. Net soos die platteland van die stad, het hulle die barbaarse en half-barbaarse lande van die beskaafde, die boerestand-volke van die bourgeois-volke, die Ooste van die Weste afhanklik gemaak.


? ? ? Die bourgeoisie hou al hoe meer en meer die verbrokkeling van die produksiemiddele, van die eiendom en van die bevolking tee. Hulle het die bevolking opgehoop, die produksiemiddele gesentraliseer en die eiendom in 'n paar hande gekonsentreer. Die noodwendige gevolg hiervan was politieke sentralisasie. Onafhanklike, of slegs los verbonde provinsies met verskillende belange, wette, regerings en doeanestelsels is saamgevoeg tot een volk met een regering, een wet, een nasionale klassebelang, een toltarief.


? ? ? Die bourgeoisie het in hulle skaars honderjarige klasseheerskappy meer massiewe en kolossale produksiekragte geskep as al die voorafgaande geslagte tesame. Onderwerping van die natuurkragte aan die mens, masjinerie, toepassing van die skeikunde op nywerheid en landbou, stoomvart, spoorwee, elektriese telegrawe, ganse werelddele ontginbaar en riviere bevaarbaar gemaak, hele bevolkinge as uit die grond uit getoor—watter vroeer eeu het dit selfs vermoed dat sulke produksiemagte in die skoot van die maatskaplike arbeid gesluimer het?


? ? ? Ons sien dus dat die produksie- en handelsmiddele, wat as grondslag vir die vorming van die bourgeoisie gedien het, in die feudale maatskappy voortgebring is. Op 'n sekere Stadium van die ontwikkeling van die produksie- en han delsmiddele het die omstandighede waaronder die feudale maatskappy geproduseer en gehandel het, die feudale eiendomsverhoudinge, nie meer tred gehou met die reeds ontwikkelde produksiemagte nie. Hulle het die produksie belemmer in plaas van dit te bevorder. Hulle het boeie geword. Hulle moes verbreek word en hulle is verbreek.


? ? ? In hulle plek het vrye wedywering gekom vergesel van die maatskaplike en politieke instellings wat daarby behoort—die ekonomiese en politieke heerskappy van die middelklas.


? ? ? Onder ons o? vind 'n dergelike beweging plaas. Die bourgeois-produksie- en -handelsmiddele, die bourgeoiseiendomsverhoudinge, die moderne bourgeois-maatskappy wat sulke geweldige produksie- en handelsmiddele opgetoor het, is soos 'n goelaar wat die magte van die onderwereld wat hy opgeroep het nie meer kan beheer nie. Jare lank reeds is die geskiedenis van nywerheid en handel eenvoudig die geskiedenis van die opstand van die moderne produktiewe kragte teen die moderne produksieverhoudinge, teen die eiendomsverhoudinge wat die lewensvoorwaardes is van die bourgeoisie en van hulle heerskappy. Dit is genoeg om die handelskrisisse te noem wat met hulle periodieke terugkeer al hoe meer dringend die bestaan van die hele bour geois-maatskappy bedreig. In die handelskrisisse word 'n groot deel nie alleen van die bestaande produkte nie maar ook van die reeds geskape produktiewe kragte gereeld vernietig. In die krisisse breek daar 'n maatskaplike epidemie uit wat in alle vroeere tye fantasties sou geskyn het—die epidemie van o?rproduksie. Die maatskappy vind horn skielik teruggeplaas in 'n toestand van tydelike barbarisme ; dit skyn asof 'n hongersnood, 'n algemene oorlog van verwoesting horn van alle lewensmiddele afgesny het; die industrie, die handel skyn vernietig te wees. En waarom? Omdat hy te veel beskawing, te veel lewensmiddele, te veel industrie, te veel handel besit. Die produktiewe kragte waaroor hy beskik, dien nie meer om die bourgeois-eiendomsverhoudinge te bevorder nie; inteendeel, hulle is te geweldig geword vir daardie verhoudinge waardeur hulle nou belemmer word; en sodra hulle die belemmering oorwin, bring hulle die ganse bourgeois-maatskappy in wanorde, bedreig hulle die bestaan van bourgeois-eiendom. Bourgeois maatskaplike toestande het te beperk geword om die rykdom wat hulle geskep het te bevat. En hoe oorwin die bourgeoisie die krisisse? Aan die een kant deur die gedwonge vernietiging van 'n massa produktiewe kragte; aan die ander kant deur die verowering van nuwe markte of 'n grondiger uitbuiting van die ou markte. Hoe dus ? Deur nog meer uitgebreide en erger krisisse voor te berei en die middele te verminder wat krisisse voorkom.?


? ? ?Die wapens waarmee die bourgeoisie die feudalisme neergeslaan het, is nou teen die bourgeoisie self gerig.


? ? ? Maar die bourgeoisie het nie alleen die wapens gesmee wat hom die dood bring nie; hy het ook die manne in die lewe geroep wat daardie wapens sal hanteer: die moderne arbeider, die Proletarier.


? ? ? Namate die bourgeoisie, d.w.s., die kapitaal ontwikkel, in dieselfde mate ontwikkel die proletariaat, die klas van die moderne arbeider, wat alleen so lank leef ?s hulle werk vind, en wat alleen so lank werk vind as hulle arbeid die kapitaal vermeerder. Die arbeider wat homself by die stuk moet verkoop, is koopware, soos enige ander handelsartikel en daarom in gelyke mate blootgestel aan al die wisselvallighede van kompetisie en die skommelinge van die mark.


? ? ? Die arbeid van die Proletarier het deur die uitbreiding van masjinerie en die verdeling van die arbeid alle selfstandige karakter verloor en daarmee ook alle bekoring vir die arbeider. Hy wrord 'n blote aanhangsel van die masjien, -van wie alleen die eenvoudigste, die eentonigste, die maklikste aangeleerde slag verlang word. Die produksiekoste van die arbeider is dus feitlik beperk tot die lewensmiddele wat hy vir sy onderhoud en die voortplanting van sy soort nodig het. Maar die prys van 'n handelsartikel en dus ook van die arbeid is gelyk aan sy produksiekoste. Namate die arbeid in onaangenaamheid styg, daal dus die loon. En wrat nog meer is, namate masjinerie en arbeidsverdeling toeneem, neem ook die arbeidslas toe, hetsy deur die vermeerdering van die werksure, hetsy deur die vermeerdering van die arbeid wat binne 'n gegewe tyd gevorder word, versneide spoed van die masjiene, ens.


? ? ? Die moderne industrie het die klein werkwinkel van die patriargale meester verander in die groot fabriek van die industriele kapitalis. Massas arbeiders, in die fabriek saamgepak, word soos soldate georganiseer. As gewone industrie-soldate word hulle onder die toesig van 'n volmaakte hierargie van onderoffisiere en offisiere geplaas. Hulle is nie alleen knegte van die bourgeois-klas, van die bourgeois-staat nie; hulle word dag vir dag en uur vir uur tot slaaf gemaak van die masjien, van die opsigter, en bowenal van die indiwiduele bourgeois-fabrikant seif. Hoe meer openlik hierdie dwingelandy verkondig dat sy doel profyt is, hoe meer kleingeestig, haatlik en verbitterend is dit.


? ? ? Hoe minder behendigheid en kragsinspanning handwerk vereis, met ander woorde, hoe meer die moderne industrie ontwikkel, des te meer word die arbeid van mans vervang deur die van vroue en kinders. Geslags- en ouderdomsverskille besit nie meer maatskaplike betekenis vir die arbeiderklas nie. Daar bestaan net arbeidsinstrumente wat na gelang van ouderdom en geslag minder of meer kos.


? ? ? As die uitbuiting van die werksman deur die fabrikant dan so ver gekom het dat sy loon kontant aan hom uitbetaal is, dan pak die ander dele van die bourgeoisie hom aan— die huiseienaar, die winkelier, die pandjieshouer, ens.


? ? ? Die vorige kleinmiddelklas, die kleinfabrikante, kleinhandelaars, mense wat op 'n klein rente leef, die hand workers en boere, daal almal gestadig in die proletariaat af, gedeeltelik omdat hulle klein kapitaal vir die bedryf van die groot industrie nie voldoende is nie en in die konkurrensie met die groot kapitaliste verswelg word, gedeeltelik omdat hulle bekwaamheid weens nuwe produksiewyse waardeloos gemaak word. So word die proletariaat uit alle klasse van die bevolking aangevul.


? ? ? Die proletariaat maak verskeie stadiums van ontwikkeling deur. Sy stryd teen die bourgeoisie begin met sy ontstaan. Eers voer indiwiduele arbeiders die stryd, dan die arheiders van 'n fabriek, dan die arbeiders van een ambag in 'n bepaalde plek teen die indiwiduele bourgeois wat hulle regstreeks uitbuit. Hulle rig hulle aanvalle nie alleen teen die bourgeois-produksietoestande nie, maar teen die produksie- instrumente seif; hulle verniel ingevoerde konkurrerende ware, hulle slaan masjiene stukkend, hulle steek fabrieke aan die brand, hulle probeer om die verdwene status van die Middeleeuse werksman te herwin.


? ? ? Op hierdie stadium vorm die arbeiders nog 'n onsamehorende massa wat oor die hele land verstrooi en deur hul onderlinge mededinging onderverdeel is. Kom hulle erens in groot groepe saam, dan is dit nog nie die gevog van hulle eie aktiewe gesamentlike optrede nie, maar die gevolg van die vereniging van die bourgeoisie, wat om sy eie poli tieke doeleindes te bereik die hele proletariaat in beweging moet bring, en dit voorlopig nog kan doen. Op hierdie stadium bestry die Proletariers dus nie hulle vyande nie, maar die vyande van hulle vyande, die oorblyfsels van onbeperkte monargie, die grondeienaars, die nie-industriele bourgeoisie, die kleinmiddelstand. Die hele historiese beweging word dus in die hande van die bourgeoisie gekonsentreer; elke oorwinning wat so behaal word, is 'n oorwinning van die bourgeoisie.


? ? ?Maar met die ontwikkeling van die nywerheid groei die proletariaat nie alleen in getal nie; dit word ook in groter massas saamgedring, sy krag groei en hy voel dit meer. Die belange, die lewenstoestande van die proletariaat word, meer en meer eensoortig namate die masjinerie meer en meer verskille tussen een soort arbeid en 'n ander uitwis en lone byna oral tot dieselfde lae peil laat daal. Die toenemende wedywer van die bourgeoisie onder mekaar en die hairlelskrisisse wat daaruit ontstaan, maak die loon van die arb -ider meer en meer onvas. Die onafgebroke verbetering van masjinerie—'n verbetering wat steeds sneller ontwikkel— maak hulle hele bestaan al hoe meer onseker; botsings tussen die indiwiduele arbeider en die indiwiduele bourgeois neem meer en meer die karakter aan van botsings tussen twee klasse. Dan begin die arbeiders verenigings teen die bourgeoisie te vorm; hulle kom saam om hulle arbeidsloon te handhaaf. Hulle stig selfs permanente organisasies om vir die geleentheidsopstande vooraf voorsiening te maak. Hier en daar breek die stryd in oproer uit.


? ? ? Nou en dan behaal die arbeiders die oorwinning, maar slegs tydelik. Die eintlike vrug van hulle stryd le nie opgesluit in die onmiddellike gevolg nie maar in die steeds uitbreidende vereniging van die arbeiders. Hierdie vereniging word bevorder deur die verbeterde verkeersmiddele wat deur die grootindustrie geskep word en wat die arbei ders van verskillende oorde in aanraking met mekaar bring. Dit makeer alleen verbinding om die verskillende plaaslike worstelinge, wat almal van dieselfde aard is, tot 'n nasionale, 'n klassestryd te sentraliseer. Maar elke klasse stryd is 'n politieke stryd. En die vereniging, waarvoor die Middeleeuse burgers met hulle miserabele paaie eeue nodig gehad het, bring die moderne Proletariers, dank sy spoorwee, binne 'n paar jaar tot stand.


? ? ? Die organisasie van die arbeiders tot 'n klas en derhalwe tot 'n politieke party word keer op keer weer verbreek deur onderlinge mededinging onder die arbeiders seif. Maar dit verrys altyd weer, sterker, vaster, magtiger. Dit dwing die wetlike erkenning van sekere arbeidersbelange af deur gebruik te maak van verdeeldhede onder die bourgeoisie. Op die manier is die Tien-uur-wet in Engeland verkry.


? ? ? Botsings tussen die klasse van die ou maatskappy bevorder oor die algemeen die ontwikkelingsgang van die proletariaat in baie opsigte. Die bourgeoisie is in 'n voortdurende stryd gewikkel—eers teen die aristokrasie; later teen daardie dele van die bourgeoisie self wie se belange :in stryd is met die vooruitgang van industrie; altoos teen die bourgeoisie van alle vreemde lande. In al die worstelinge is hulle verplig om 'n beroep op die proletariaat te doen, om aanspraak te maak op sy hulp en hom so in die politieke geskil in te sleep. Hulle voorsien dus seif die proletariaat van hulle eie politieke en algemene opvoedingselemente, d.w.s., van wapens teen hulleself.


? ? ? Verder, soos ons reeds gesien het, word daar deur die vooruitgang van die industrie hele onderdele van die heer sende klas in die proletariaat afgedring, of ten minste hulle lewenstoestande word bedreig. Ook hulle voorsien die pro letariaat ryklik van opvoedingselemente.


? ? ? Eindelik, in tye wanneer die klassestryd die beslissingspunt nader, neem die ontbindingsproses binne die heersende klas, binne die hele ou maatskappy, so 'n in die oog lopende karakter. aan dat /n klein deel van die heersende klas hom daarvan losmaak en by die rewolusionere klas aansluit, die klas wat die toekoms in sy hande dra. Soos vroeer dus 'n deel van die adel na die bourgeoisie oorgegaan het, so gaan nou 'n deel van die bourgeoisie na die proletariaat oor, veral "'n deel van die bourgeois-ideoloe wat hulle tot 'n teoretiese begrip van die hele historiese beweging bekwaam het.


? ? ? Van alle klasse wat vandag teenoor die bourgeoisie staan, lis alleen die proletariaat 'n ware rewolusionere klas. Die ander klasse kwyn en vergaan met die grootindustrie; die proletariaat daarenteen is sy besondere voortbrengsel. Die laer middelklas—die kleinfabrikant, die kleinhandelaar, diehandwerker, die boer—hulle beveg almal die bour geoisie om hulle eie bestaan as middelklas van ondergang te bewaar. Hulle is dus nie rewolusioner nie, maar konserwatief. Nog meer, hulle is reaksioner: hulle probeer om die wiel wan die geskiedenis terug te draai. Is hulle rewolusioner, dan is hulle dit met die oog op hulle aanstaande oorgang tot die proletariaat; hulle verdedig nie hulle teenswoordige nie maar hulle toekomstige belange; hülle verlaat hulle eie standpunt om die van die proletariaat te aanvaar.


? ? ? Die skuim van die proletariaat (lumpen-proletariaat), igevorm deur die passiewe verrotting van die laagste strata van die ou maatskappy, word tot 'n sekere mate deur 'n proletariese rewolusie in die beweging ingesleep; maar hulle hele lewenswyse maak dat hulle gewilliger sal wees om hulle ttot: reaksionere knoeiery te laat omkoop.


? ? ? Die lewenstoestande van die ou maatskappy is tot niet in die lewenstoestande van die proletariaat. Die Proletarier is sonder hesitting; sy verhouding teenoor vrou en kinders het niks meer gemeen met die bourgeois-familieverhouding nie; die moderne industriele arbeid, die moderne onderwerping aan die kapitaal, in Engeland sowel as in Frankryk, in Amerika en ook in Duitsland, het hom van alle nasionale karakter beroof. Die gereg, sedelikheidsopvattings, godsdiens is vir hom 'n spul bourgeois-vooroordele waaragternet so'n spul bourgeois-belange versteek is.


? ? ? Alle eertydse klasse wat mag verower het, het probeer om hulle reeds verkree lewenstandaard te verseker deur die hele maatskappy aan die toestand te onderwerp waardeur hulle winste verkry is. Die Proletariers kan alleen die maatskaplike produksiekragte in besit neem indien hullehulle eie vorige wyse van toeeiening afskaf en daarmee ook. alle vorige metodes van toeeiening. Die Proletariers het: niks van hulle eie om te bewaar en in stand te hou nie. Dit is hulle rol om alle vorige sekuriteite vir en versekeringsvan private eiendom te vernietig.


? ? ? Alle vorige bewegings was bewegings van minderhede of in die belang van minderhede. Die proletariese beweging is die selfstandige beweging van die oorgrote meerheid in die belang van die oorgrote meerderheid. Die proletariaat). die onderste stratum van die huldige maatskappy, kan homself nie ophef nie, kan nie orent kom nie behalwe as diehele bowebou van strata deur die offisiele maatskappygevorm in die lug spring.


? ? ? Ofskoon nie in wese nie dog in vorm is die stryd van die Proletariers teen die bourgeoisie vireers 'n nasionale strydJ. Die proletariaat van elke land moet natuurlik eers met: sy; eie bourgeosie afreken.


? ? ? Terwyl ons die ontwikkeling van die proletariaat in bree trekke geskets het, het ons die min of meer bedekte burgeroorlog binne die bestaande maatskappy nagegaan tot op die punt waar dit in 'n ope rewTolusie uitbars en die proletariaat sy heerskappy bevestig deur die geweldadige omverwerping van die bourgeoisie.


? ? ? Alle vorige maatskappye het berus, soos ons reeds gesieni het, op die stryd tussen onderdrukkende en onderdrukte* klasse. Maar om 'n klas te kan onderdruk moet die toe stande verseker word waaronder hy ten minste sy slaafsebestaan kan voortsit. Die lyfeiene het hom in die tyd.vain lyfeienskap tot lid van die stedelike gemeenskap opgewerk soos die kleinburger tot bourgeois onder die juk van feudale alleenheerskappy. Die moderne arbeider, daarenteen, in plaas van met die vooruitgang van die industrie saam vooruit te kom, sink steeds dieper onder die lewenstoestande van sy eie klas weg. Die arbeider word verarm, en verarming groei vinniger aan as bevolking en rykdom. Hieruit blyk duidelik dat die bourgeoisie onbekwaam is om nog langer die heersende klas in die maatskappy te bly en om die lewenstoestande van sy klas aan die maatskappy as geldende reel op te dring. Hy is onbekwaam om te regeer omdat hy nie in staat is om sy slawe selfs in hulle slawerny 'n bestaan te verseker nie, omdat hy genoodsaak is om hulle te laat afsak tot *n peil waar hy hulle moet onderhou in plaas van deur hulle onderhou te word. Die maatskappy kan nie meer onder hom bestaan nie, d.w.s., sy bestaan is nie meer met die van die maatskappy te vereenselwig nie.


? ? ? Die essensiele voorwaarde vir die bestaan en die heerrskappy van die bourgeoisie is die ophoping van rykdom in die hande van private persone, die stigting en die vermeerdering van kapitaal; die bestaans-voorwaarde van die kapitaal is die loonarbeid. Die loonarbeid berus uitsluitlik op die onderlinge mededinging onder die arbeiders. Die vooruitgang van die industrie, waarvan die bourgeoisie die willose en weerlose draer is, vervang die verdeeldheid van die arbeiders, wat deur hul onderlinge mededinging veroorsaak is, deur hulle rewolusionere sametrekking, wat deur vereniging verwerf word. Met die ontwikkeling van die fgrootindustrie word dus onder die voete van die bourgeosie die grondslag self weggeruk waarop hulle produseer en ibeslag le op die produkte. Die bourgeoisie produseer derhalwe bowenal hulle eie doodgrawers. Hulle ondergang en die oorwinning van die proletariaat is ewe onvermydelik.

共產(chǎn)黨宣言(南非荷蘭語(yǔ))㈡ DIE KOMMUNISTE MANIFES⑵的評(píng)論 (共 條)

分享到微博請(qǐng)遵守國(guó)家法律
英吉沙县| 塘沽区| 子洲县| 连南| 金阳县| 蒲江县| 灌阳县| 余干县| 诏安县| 临汾市| 苏尼特左旗| 济宁市| 昌图县| 农安县| 丹东市| 宣化县| 手游| 扶风县| 汝州市| 陈巴尔虎旗| 抚松县| 芜湖市| 泸西县| 武城县| 微山县| 南阳市| 和田县| 望江县| 莫力| 京山县| 浪卡子县| 双辽市| 河东区| 丹寨县| 红桥区| 临洮县| 晋州市| 辉县市| 理塘县| 中西区| 海门市|