共產(chǎn)黨宣言(南非荷蘭語(yǔ))㈣ DIE KOMMUNISTE MANIFES⑷
? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? III.
SOSIALISTIESE EN KOMMUNISTIESE LITERATUUR
? ? ? ? ?? ?I . REAKSIONêRE SOSIALISME
? ? ? ? ? ? ? ? ? ?a. Feudale Sosialisme
? ? ? Die Franse en Engelse aristokrasie was as gevolg van hulle plek in die geskiedenis daartoe geroep om pamflette teen die moderne bourgeois-maatskappy te skrywe. In die Franse Julie-rewolusie van 1830 en in die Engelse beweging vir die hervorming van die stemreg het hulle nogeens die neerlaag gely teen die gehate indringer. Van 'n ernstige politieke stryd kon daar nie meer sprake wees nie. Alleen die letterkundige stryd het vir hulle oorgebly. Maar ook op die gebied van die literatuur het die ou leuses van die Restourasie[5]-tyd onmoontlik geword. Om simpatie te wek moes die aristokrasie skynbaar hulle belange uit die oog verloor en slegs in die belang van die uitgebuite arbeider- klas hulle akte van beskuldiging teen die bourgeoisie formuleer. So kon hulle die voldoening geniet om skimpliedere op hulle nuwe heerser te sing en hom min of meer rampspoedige voorspellinge in die ore te fluister.
? ? ? Op dié manier het die feudalistiese sosialisme ontstaan— half klaaglied, half skimpskrif, half naklank uit die verlede, half dreigement van die toekoms, wat somtyds die bour geoisie in die hart kon tref deur bittere, geestig verpletterende kritiek, wat altyd belaglik was omrede 'n totale onbekwaamheid om die moderne geskiedenis te begryp.
? ? ? Die proletariese arme-sak het hulle as 'n vaandel in die "hand geswaai om die volk agter hulle te kry. Maar sodra die volk hulle gevolg het, het die volk van agter af die ou feudale wapens gesien en met luide spotgelag weggeloop.
? ? ? Een afdeling van die Franse Legitimiste en die Jonge Engeland kon hierdie speletjie pragtig speel.
? ? ? Wanneer die feudaliste aantoon dat hulle wyse van eksploitasie anders ingerig was as bourgeois-eksploitasie, dan vergeet hulle dat hulle uitgebuit het onder heeltemal verskillende omstandighede, wat nou al verouderd is. Wan neer hulle daarop wys dat onder hulle heerskappy die moderne proletariaat nie bestaan het nie, dan vergeet hulle dat die moderne bourgeoisie 'n noodsaaklike voortbrengsel van hulle maatskaplike orde was.
? ? ? Origens verberg hulle so min die reaksionere karakter van hulle kritiek dat hulle grootste aanklag teen die bour- .geoise juis daarin bestaan dat onder hulle regering 'n klas ontwikkel wat die hele ou maatskaplike orde sal vernietig.
? ? ? Hulle verwyt die bourgeoisie nie so seer dat hulle 'n proletariaat in die algemeen voortgebring het nie, maar dat hulle 'n rewolusionere proletariaat geskep het.
? ? ? In die politieke praktyk neem hulle dus deel aan alle geweldmaatreels teen die arbeiderklas, en in die gewone lewe is dit nie benede hulle om op te tel wat hulle kan, en trou, liefde en eer te verwissel vir die knibbelhandel in wol, beetsuiker en drank nie.[6]
? ? ? Soos die priester altyd met die leenheer hand aan hand geloop het, so het die priesterlike sosialisme ook met die feudalistiese saamgegaan.
? ? ? Niks is makliker as om aan die Christelike askese 'n sosialistiese tintjie te gee nie. Het die Christendom dan ook nie teen private eiendom, teen die huwelik, teen die staat geywer nie? Het dit nie in plaas daarvan weldadigheid en armoede, selibaat en kastyding van die vlees, die kloosterlewe en die Kerk gepreek nie? Die Christelike sosialisme is maar die wywater waarmee die priester die ergenis van die aristokraat seen.
? ? ? ? ? ? b. Kleinburgerlike Sosialisme
? ? ? Die feudale aristokrasie is nie die enigste klas wat deur die bourgeoisie tot 'n val gebring word nie, wie se lewensvoorwaardes in die moderne bourgeois-maatskappy verkwyn en afsterf nie. Die Middeleeuse burger en die kleinboer was die voorlopers van die moderne bourgeoisie. In die minder ontwikkelde industriele en kommersiele lande sleephierdie klasse nog 'n bestaan voort naas die opkomende bourgeoisie.
? ? ? In die lande waar die moderne beskawing ontwikkel het,, is 'n nuwe kleinburgerstand gevorm wrat tussen die prole tariaat en die bourgeoisie sweef en as 'n aanvullingsdeel van die bourgeois-maatskappy homself steeds opnuut ver-r vorm, wie se lede egter gedurig weens die mededinging;, binne die proletariaat afgestoot word, ja selfs met die ont wikkeling van die grootindustrie 'n tyd sien aankom wan neer hulle as selfstandige deel van die moderne maatskappy heeltemal sal verdwyn en in die handel, in die industrie, in. die landbou deur opsigters en bediendes sal vervang word.
? ? ? In lande soos Frankryk, waar die boereklas baie meer asdie helfte van die bevolking uitmaak, was dit natuurlik dat skrywers wat vir die proletariaat teen die bourgeoisie opgetree het, in hulle kritiek van die bourgeois-stelsel die kleinburgerlike en kleinboerse maatstaf sou toepas en vir die arbeiders vanuit die standpunt van die kleinburger partytrek. So is die kleinburgerlike sosialisme gevorm. Sismondi is die hoof van die letterkundige skool, nie alleen in. Frankryk nie maar ook in Engeland.
? ? ? Die sosialisme het op baie skerpsinnige wyse die teenstrydighede in die moderne produksie-toestande ontleed.. Dit het die huigelagtige verskonings van die ekonomiste blootgele. Dit het onweerlegbaar op die vernielende gevolgevan masjinerie en arbeidsverdeling gewys, die konsentrasie van kapitaal en grondbesit, oorproduksie, krisisse, die onvermydelike ondergang van die kleinburgers en boere, dieeilende van die proletariaat, die anargie in die produksie,. die skreeuende oneweredighede in die verdeling van ryk dom, die industriele verwoestingsoorlog van nasies ondermekaar, die wegval van die ou sedes, van die ou familieverhoudinge, van die ou nasionaliteite.
? ? ? Volgens sy bepaalde inhoud egter wil die sosialisme of~ die ou produksie- en verkeersmiddele weer herstel en daarmee die ou eiendoms-verhoudinge en die ou maatskappy, of dit wil die moderne produksie- en verkeersmiddele in die: raam van die ou eiendomsverhoudinge, wat hulle verbreek het en moet verbreek, weer met geweld opsluit. In albei rgevalle is dit tegelyk reaksioner en utopies. Verenigings in die industrie, patriargale bestuur op die platteland—dit is hulle laaste woorde.
? ? ? In sy verdere ontwikkeling het die rigting doodgeloop in ‘n treurige gejammer.
? ? ? ?? ? ? ?c. Duitse of Ware Sosialisme
? ? ? Die Sosialistiese en Kommunistiese literatuur van Frank ryk, wat onder die druk van 'n heersende bourgeoisie ont staan het en die letterkundige uitdrukking van die stryd teen die heerskappy is, is in Duitsland ingevoer op 'n tyd toe die bourgeoisie net hulle stryd teen die feudale absolutisme begin het.
? ? ? Duitse filosowe, half-filosowe en letterkundiges het gretig die literatuur verslind en slegs vergeet dat met die intrek van die geskrifte uit Frankryk die Franse lewenstoestande nie gelyktydig in Duitsland ingetrek het nie. Toegepas op Duitse toestande het die Franse literatuur alle direkte praktiese betekenis verloor en 'n suiwer letterkundige betekenis .aangeneem. Vir die Duitse filosowe van die agtiende eeu dus was die eise van die eerste Franse rewolusie niks meer nie as die eise van die ? praktiese rede" in die algemeen, en die-wilsuitinge van die rewolusionere Franse bourgeoisie het in hulle oe beteken die wette van die suiwer wil, van die wil soos dit behoort te wees, van die egte menslike wil.
? ? ? Die werk van die Duitse letterkundiges het eenvoudig daarin bestaan om die nuwe Franse idees met hulle ou filo sofiese gewete te laat saamstem of Hewer vanuit hulle eie filosofiese standpunt Franse idees oor te neem. Die toe eiening het op dieselfde manier geskied waarop 'n vreemde taal in die algemeen oorgeneem word, naamlik, deur vertaling.
? ? ? Dit is bekend hoe die monnike manuskripte, wraarop die klassieke werke van die ou heidense tyd geskrywe was, met lawwe geskiedenisse van katolieke heiliges oorgeskryf het. Die Duitse letterkundiges het andersom met die wereldse Franse literatuur te werk gegaan. Hulle het hulle filosofiese onsin onder die oorspronklike Frans geskrywe. Byvoorbeeld, onder die Franse kritiek op geldverhoudinge het hulle geskrywe: ? Vervreemding van die menslike wese "; onder die Franse kritiek op die bourgeois staat het hulle geskrywe; ? Afskaffing van die heerskappy van die abstrakte alge- mene" ens.
? ? ? Die inskuiwing van die' filosofiese gesegdes onder die- Franse redenering het hulle gedoop ?filosofie van handeling," ? ware Sosialisme," ? Duitse wetenskap van die- Sosialisme," ,, filosofiese grondslag van die Sosialisme," ens..
? ? ? Op die manier is die Franse Sosialisties-Kommunistiese literatuur feitlik ontman. En daar dit in die hande van die Duitser die stryd van een klas teen die ander nie langer uitgedruk het nie, was die Duitser oortuig dat hy die ,, Franse eensydigheid" oorwin het, dat hy in plaas van ware behoeftes die behoeftes van die waarheid verdedig: het, in plaas van die belange van die Proletariers die belange van die menslike wese—die mensdom in die algemeen, wat aan geen klas behoort nie, ook nie aan die werklikheid nie,, maar alleen aan die wasige hemel van filosofiese fantasie.
? ? ? Die Duitse Sosialisme, wat sy onbeholpe Stellinge self in so 'n ernstige en plegtige lig beskou het en so kwaksalweragtig uitgebasuin het, het intussen sy pedantiese onskuld stadigaan verloor.
? ? ? Die stryd van die Duitse en veral die Pruisiese bour geoisie teen die adel en die onbeperkte koningskap, in ttw woord, die liberale beweging, het ernstiger geword.
? ? ? So is die ? ware " Sosialisme die verlangde geleentheid aangebied om teenoor die politieke beweging die sosialistiese eise te stel, om die tradisionele vervloeking teen die liberalisme, teen die verteenwoordigende bestuur, teen bourgeoiskompetisie, bourgeois-persvryheid, bourgeois-reg, bourgeoisvryheid en -gelykheid te slinger en die volksmassa te preek dat hulle deur die bourgeois-beweging gevaar loop om niks te wen nie en alles te verloor. Duitse Sosialisme het op die regte tyd vergeet dat die Franse kritiek, waarvan dit die floue weerklank was, die moderne bourgeois-maatskappy met die passende materiele lewenstoestande en geskikte regeringsvorm veronderstel het—juis die dinge waarvoor daar nog in Duitsland moes ge\eg word.
? ? ? Dit het vir die Duitse absolute regerings met hulle gevolg van predikante, skoolmeesters, landjonkers en burokrate gedien as die gewenste voelverskrikkers teen die dreigend opkomende bourgeoisie.
? ? ? Dit was die soet druppel in die bitter beker van die sweepslae en geweerkoeels waarmee dieselfde regerings die Duitse arbeider-opstande gekasty het.
? ? ? Terwyl die ? ware " sosialisme dus 'n wapen in die hand van die regerings teen die Duitse bourgeoisie was, het dit ook 'n regstreeks reaksionere belang verteenwoordig, die belang van die Duitse kleinburgerstand. In Duitsland vorm die kleinburgerdom, wat uit die sestiende eeu afkomstig is? en van die tyd af in verskillende vorms hier telkens weer opdaag, die eintlike maatskaplike fondament van die be staande toestande.
? ? ? Sy instandhouding beteken die instandhouding van die bestaande Duitse toestande. Van die industriele en poli tieke heerskappy van die bourgeoisie het die kleinburgerdom 'n gewisse ondergang te vrees, aan die een kant as gevolg van die konsentrasie van die kapitaal, aan die ander kant deur die opkoms van 'n rewolusionere proletariaat. ?Ware" Sosialisme sou albei vliee met een klap slaan. Die nuwe leer het soos 'n epidemie gesprei.
? ? ? Die gewaad uit die spinnerak van wysgerige bespieeling verwerk, met die blomme van letterkundige retorika geborduur, deurtrokke van die dou van 'n sieklike sentimentaliteit, die weelderige gewaad waarin die Duitse Sosialiste hulle paar vel-en-been- ?ewige waarhede" gehul het, het slegs die verkoop van hulle ware onder die publiek laat styg.
? ? ? En aan sy kant het die Duitse Sosialisme meer en meer dit as sy beroep aanvaar om die hoogdrawende verteenwoordiger van die kleinburgerlike filistyne te wees. Dit het die Duitse volk as die normale volk verkondig en die Duitse kleinburger as die normale mens. Aan elke laagheid van hierdie tipiese mens het dit so 'n verborge, hoer, Sosialistiese verklaring gegee dat dit die teenoorgestelde beteken het. Dit het selfs so ver gegaan as om direk teen die ? ru-vernielende " rigting van die Kommunisme op te tree en sy eie onpartydige verhewenheid bo alle klassestryd te verkondig. Met baie min uitsonderinge behoort alle sogenoemde Sosialistiese en Kommunistiese geskrifte wat in Duitsland in omloop is tot die gebied van hierdie smerige, ontsenuende literatuur.
2. KONSERWATIEWE OF BOURGEOIS-SOSIALISME
? ? ? 'n Deel van die bourgeoisie wil graag sosiale euwels verhelp om op die manier die voortbestaan van die bourgeoismaatskappy te verseker.
? ? ? Aan hierdie seksie behoort ekonomiste, filantrope, mensevriende, hervormers van die toestand van die arbeidende klasse, liefdadigsorganiseerders, dierebeskermers, drankafskaflers, boghervormertjies van die mees uiteenlopende aard. En hierdie bourgeois-sosialisme is nog al tot hele stelsels uitgewerk.
? ? ? As voorbeeld kan ons Proudhon se ? Filosofie van die Armoede " noem.
? ? ? Die Sosialistiese bourgeois verlang die lewenstoestande van die moderne maatskappy sonder die stryd en gevare wat noodsaaklik daaruit voortkom. Hulle wil die bestaande maatskappy he sonder sy rewolusionere en ontbindende elemente. Hulle wil die bourgeoisie sonder die proletariaat he. Die bourgeoisie stel vir hulle die wereld waarin hulle heers rtatuurlik as die beste wereld voor en die Bourgeois- Sosialisme werk die vertroostende voorstelling tot 'n halwe of 'n hele stelsel uit. Waar dit die proletariaat aanspoor om sy stelsels te verwesenlik en die nuwe Jerusalem in te trek, dan verlang dit op die ou end alleen dat die proleta riaat binne die huidige maatskappy bly staan maar van sy haatlike idees daaroor ontslae raak.
? ? ? 'n Tweede minder stelselmatige, dog meer praktiese vorm van die Sosialisme het probeer om die arbeiderklas vir elke rewolusionere beweging met afkeer te vervul deur te bewys dat nog die een nog die ander politieke verandering, maar alleen ‘n verandering van materiele lewenstoestande, van ekonomiese verhoudinge, hulle tot voordeel kon strek. Deur verandering van die materiele lewenstoestande verstaan die Sosialisme egter glad nie die afskaffing van die bourgeoisproduksieverhoudinge nie, iets wat slegs l?ngs die rewolu sionere weg moontlik is, maar administratiewe verbeteringe op bodem van daardie produksieverhoudinge aangebring, wat dus aan die verhouding tussen kapitaal en loonarbeid niks sal verander nie maar op sy beste vir die bourgeoisie die koste van hulle regering sal verminder en hulle adminis tratiewe werk vereenvoudig.
? ? ? Die Bourgeois-Sosialisme bereik sy hoogste uiting eers waar dit blote retoriese beeldspraak word. Vrye handel, in belang van die arbeidende klas ; beskermende regte, in belang van die arbeidende klas; gevangeriisse met aparte seile, in belang van die arbeidende klas— dit is die laaste en die enigste ernstig bedoelde woord van Bourgeois-Sosialisme.
? ? ? Die Sosialisme van die bourgeoisie bestaan juis in die bewering dat die bourgeois bourgeois is in belang van die arbeidende klas.
3. KRITIES-UTOPIESE SOSIALISME EN KOMMUNISME.
? ? ? Ons spreek nie hier van die literatuur wat in alle groot moderne rewolusies uiting aan die eise van die proletariaat gegee het nie. (Die geskrifte van Baboeuf ens.)
? ? ? Die eerste pogings van die proletariaat in 'n tyd van algemene oproering, in die tydperk van die ondergang van die feudale maatskappy, om regstreeks hulle eie klasse belange te bevorder het noodwendig misluk as gevolg van die ontwikkelde toestand van die proletariaat self, sowel as van .afwesigheid van die materiele voorwaardes vir sy bevryd ing, wat juis eers die voortbrengsel van die bourgeois-tydvak is. Van die rewolusionere literatuur wat die eerste bewegings van die proletariaat vergesel het, is die inhoud noodsaaklikerwys reaksioner. Dit leer 'n algemene askese en 'n ruwe gelykmaking.
? ? ? Die eintlike Sosialistiese en Kommunistiese stelsels, die stelsels van St. Simon, Fourier, Owen, ens. het te voorskyn gekom in die eerste ontwikkelingsperiode van die stryd tussen proletariaat en bourgeoisie wat ons reeds geskets het. (Sien ? Bourgeois en Proletariaat.")
? ? ? Die uitvinders van hierdie stelsels sien wel die botsing tussen die klasse sowel as die werking van die ontbindende elemente in die heersende maatskappy self. Maar hulle vermoed aan die kant van die proletariaat geen historiese inisiatief nie, geen politieke beweging wat aan hulle eie is nie.
? ? ? Aangesien die ontwikkeling van klassestryd gelyke tred ihou met die ontwikkeling van die nywerheid, bied die ekomomiese toestand^ soos hierdie skrywers dit vind, nog nie vir hulle die materiele omstandighede vir die bevryding van die proletariaat nie, derhalwe soek hulle na 'n nuwe sosiale wetenskap, na nuwe maatskaplike wette om die toestande te skep.
? ? ? In die plek van die maatskaplike kragte moet hul persoon like vindingrykheid kom; in die plek van historiese moet fantastiese voorwaardes vir bevryding kom; in die plek van die stadig groeiende organisasie van die proletariaat tot 'n iklas, 'n organisasie van die maatskappy wat deur hierdie ontdekkers self bedink is. Die toekomstige wereldgeskiedenis kom vir hulle voor bloot as propaganda en die praktiese verwesenHking van hulle sosiale planne.
? ? ? Hulle is goed bewus daarvan dat hulle in hulle planne hoofsaaklik die belange van die arbeidende klas verteenwoordig— die klas wat die meeste ly. Siegs van die standpunt dat hulle die klas is wat die meeste ly, bestaan die proletariaat vir hulle.
? ? ? Die onontwikkelde vorm van die klassestryd, asook hulleeie lewensomstandighede, laat Sosialiste van hierdie aarcF dink dat hulle ver bo alle klassestryd verhewe is. Hulle* wil die lewensomstandighede van alle lede van die maat skappy, selfs die welgesteldes, verbeter. Hulle doen dus* voortdurend 'n beroep op die hele maatskappy sonder onderskeid, ja selfs by voorkeur op die heersende klas. 'n Mens., sou hulle stelsel immers net hoef te begryp om dit as die allerbeste maatskappy te erken.
? ? ? Hulle verwerp dus alle politieke en veral alle rewolu sionere handeling; hulle wil hulle doel l?ngs vreedsame weg; bereik en probeer deur klein proefnemings, wat natuurlik. misluk, en deur die mag van die voorbeeld om vir die nuwe maatskaplike evangelie baan te breek.
? ? ? So 'n fantastiese skildering van die toekomstige maat skappy ontstaan in 'n tyd wanneer die proletariaat nog baie onontwikkeld is, en dus self nog hulle eie toestand en hulle eerste instinkmatige drang tot 'n algemene hervorming van die maatskappy fantasties opvat.
? ? ? Maar die Sosialistiese en Kommunistiese geskrifte bevat ook kritiese elemente. Hulle val al die beginsels van die bestaande maatskappy aan. Hulle het dus baie waardevolle materiaal vir die verligting van die arbeiders gelewer. Hulle positiewe Stellinge oor die toekomstige maatskappy, b.v. die afskafring van die teenstrydigheid tussen stad en platteland, van die familie, van persoonlike wins, van loonarbeid, dieverkondiging van maatskaplike harmonie, die omskepping van die funksie van die staat tot slegs 'n instrument vir die reeling van die produksie—al hierdie Stellinge druk eenvoudig uit die verdwyning van die klasseteenstrydighede wat toe nog net begin ontwikkel het, wat die utopiers nog net in hulle eerste vormlose onbepaaldheid geken het. Die Stellinge self is dus nog suiwer utopies van aard.
? ? ? Die belangrikheid van krities-utopiese Sosialisme en Kommunisme staan in omgekeerde verhouding tot historiese ontwikkeling. Namate die klassestryd ontwikkel -en. vormi kry, verloor die fantastiese opsystaan uit die stryd, die fantastiese bevegting daarvan alle praktiese waarde, alle teoretiese regverdiging. Al was die stigters van die stelsels dus in baie opsigte rewolusioner, tog het hulle leerlinge altyd reaksionere sektes gevorm. Hulle hou vas aan die ou "beskouinge van hul meesters in teenstand met die historiese vooruitgang van die proletariaat. Hulle probeer dus konsekwent om die klassestryd te verdoof en die teenstrydighede te versag. Hulle droom nog altyd oor die verwesenliking deur proefnemings van hulle maatskaplike Utopias— oor die stigting van afgesonderde phalansteres[7], die stigting van ? Home Colonies," die oprigting van 'n klein Icaria —'n uitgawe in sakformaat van die Nuwe Jerusalem—en om al die lugkastele te bou moet hulle 'n beroep doen op die weldadigheid van bourgeois-harte en -geldsakke. Stadigaan daal hulle af in die kategorie van die hierbogetekende reak sionere of konserwatiewe Sosialiste en word nog net van "hulle onderskei deur 'n meer stelselmatige pedanterie, deur -die fanatieke bygeloof aan die wonderbaarlike werkings van hulle sosiale wetenskap.
? ? ? Hulle tree dus met verbittering op teen alle politieke beweginge van die arbeiders, wat volgens hulle alleen uit 'n iblinde ongeloof aan die nuwe evangelie kan voortkom.
? ? ? Die Oweniste in Engeland, die Fourieriste in Frankryk verset hulle in die eerste land teen die Chartiste, in die tweede teen die Réformistes.
? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ?IV.
VERHOUDING VAN DIE KOMMUNISTE TOT DIE VERSKILLENDE OPPOSISIEPARTYE
? ? ? Afdeling II het die verhouding van die Kommuniste tot die reeds opgerigte arbeiderpartye duidelik gemaak, dus tot die Chartiste in Engeland en die landbouhervormers in Noord-Amerika.
? ? ? Hulle veg om die doeleindes en belange van die arbeider- Iklas wat naaste by die land le te bereik, maar hulle verteenwoordig in die teenswoordige beweging ook die toekoms van die beweging. In Frankryk sluit die Kommuniste by die sosialisties-demokratiese[8] party aan teen die konserwatiewe en radikale bourgeoisie sonder om die reg op te gee om krities op te tree teenoor gesegdes en wanbegrippe wat van rewolusionere tradisies afkomstig is.
? ? ? In Switserland ondersteun hulle die radikale sonder omi te vergeet dat die party uit teenstrydige elemente bestaan: deels uit demokratiese sosialiste in die Franse sin, deels uit radikale bourgeoisie.
? ? ? Onder die Pole ondersteun die Kommuniste die party wat 'n rewolusie in die grondbesit beskou as noodsaaklik vir nasionale bevryding—dieselfde party wat die Krakouopstand van 1846 in die lewe geroep het.
? ? ? In Duitsland veg die Kommuniste-party, sodra die bourgeoisie rewolusioner optree, saam met die bourgeoisie teen die absolute monargie, die feudale grondbesit en die kleinburgerdom.
? ? ? Hulle laat egter vir g'n oomblik na om by die arbeiders. die helderste besef moontlik aan te kweek van die vyandige teenstrydigheid tussen bourgeoisie en proletariaat nie, sodat , die Duitse arbeiders die maatskaplike en politieke toestande wat die bourgeoisie met hulle heerskappy noodsaaklik moet invoer dadelik as soveel wapens teen die bourgeoisie kan keer, sodat, n? die val van die reaksionere klasse in Duits land, die stryd teen die bourgeoisie self onmiddellik kan begin.
? ? ? Die Kommuniste wy hoofsaaklik hulle aandag aan Duits land omdat Duitsland op die vooraand van 'n bourgeoisrewolusie staan. En omdat dit die omwenteling sal teweegbring onder baie verder gevorderde toestande van Europese beskawing in die algemeen en met 'n baie hoer ontwikkelde proletariaat as die geval was in Engeland in die 17e en Frankryk in die 18e eeu, kan die Duitse bourgeois-rewolusie dus slegs die onmiddellike voorspel van 'n proletariese re wolusie wees.
? ? ? In een woord, die Kommuniste ondersteun oral elke rewolusionere beweging teen die bestaande maatskaplike en politieke toestande.
? ? ? In al die bewegings stel hulle as hoofprobleem die eiendomsvraagstuk op die voorgrond, watter meer of minder ontwikkelde vorm dit ook mag aangeneem het.
? ? ? Die Kommuniste beywer hulle ten slotte oral vir vere niging van en 'n g?eie verstandhouding tussen die demok ratiese party van alle lande.
? ? ? Die Kommuniste ag dit benede hulle om hulle idees en bedoelings weg te steek. Hulle verklaar openlik dat hulle hulle doel alleen kan bereik deur die hele geweldadige omverwerping van alle bestaande maatskaplike toestande. Laat die heersende klasse vir 'n Kommunistiese rewolusie sidder. Die Proletariers het niks om te verloor nie, net hulle kettings. Hulle het 'n wereld om te wen.
? ? ? Werkers van die wereld, span saam!

[1] Deur die bourgeoisie word bedoel die klas van moderne kapitaliste, ?ienaars van die middele tot maatskaplike produksie en werkgewers aan loonarbeiders. Deur proletariaat word bedoel die klas van moderne loon- .arbeiders wat, deurdat hulle geen middele tot produksie van hul eie besit nie, genoodsaak word om hul arbeidskrag te verkoop om 'n bestaan te maak. ,
[2] Dit beteken alle geskrewe geskiedenis. In 1847 was die voor-geskiedenis van die maatskappy, die maatskaplike organisasie wat bestaan het voor die tyd van die geskrewe geskiedenis, feitlik geheel en al onbekend. Sedert die tyd het Haxthausen (August von 1792-1866) die bestaan van gemeenskaplike grondbesit in Rusland ontdek, Maurer (George Ludwig von) het bewys dat dit die maatskaplike fondament was waarop alle Teutoniese rasse in die geskiedenis hul aanvang gehad het, en met verloop van tyd is dit vasgestel dat dorpsgemeenskappe die primitiewe vorm van maatskaplike lewe van Indie tot Ierland was of eertyds gewees het. Die inwendige organisasie van hierdie primitiewe kommunistiese gemeenskap is blootgele, in sy tipiese vorm, deur Morgan (Henry 1819-1881) se bevestigende ontdekking van die ware aard van die gens en sy verhouding tot die stam. Met die ontbinding van hierdie oertydse gemeenskappe begin die maatskappy opbreek in onderskeie'en aparte en uiteindelik vyandige klasse. Ek het probeer om hierdie proses van ont binding na te gaan en vas te stel in Der Ursprung der Familie, des Privateigenthums und des Staats, 2de uitgawe, Stuttgart, 1886 (Die Oorsprong van die Familie, Private Eiendom en die Staat).
[3] Gilde-meester, dit beteken 'n volledige lid van 'n gilde, 'n meester ibinne en nie 'n hoof oor 'n gilde nie.?
[4] ? Kommune " is die naam wat in Frankryk deur die opkomende dorpe aangeneem is nog voordat hulle plaaslike self regering en politieke regte as ?die Derde Staat" van hul feudale oorheersers en meesters oofgeneem het. Oor die algemeen genome word Engeland hier as die tipiese land geneem waar dit die ekonomiese ontwikkeling van die bourgeoisie geld, en Frankryk waar dit sy politieke ontwikkeling geld.
[5] Nie die Engelse Restourasi, 166o tot 1689, nie maar die Franse Restourasie, 1814 tot 1830.
[6] Dit het veral betrekking op Duitsland, waar die leenhere en landadel groot gedeeltes van hul landgoedere op eie rekening deur rentmeesters laat "bewerk, en bowendien fabrikante van beetsuiker en aartappel-spiritus op groot skaal is. Die meer gegoede Britse aristokrasie is totnogtoe verhewe bo so iets; maar ook hulle weet hoe om afnemende huurgelde aan te vul deur hul name te skenk aan die stigters van aandelemaatskappye wat maar betreklik onpluis is.
[7] Phalansteres was sosialistiese kolonies wat opgerig is volgens die plan van Charles Fourier; Icaria was die naam wat deur Cabet gegee is aan sy Utopia en, later, aan sy Amerikaanse Kommuniste-kolonie.
[8] Die party wat destyds in die parlement verteenwoordig is deur Ledru-Rollin, in die letterkunde deur Louis Blanc (1811-1882), in die dagpers deur die Reform. Die naam Sosiaal-Demokrasie dui, volgens hierdie uitvinders daarvan, 'n afdeling van die Demokratiese of Republikeinse Party aan wat min of meer die kleur van Sosialisme aangeneem het.