共產(chǎn)黨宣言(南非荷蘭語(yǔ))㈢ DIE KOMMUNISTE MANIFES⑶
? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? ? II.
PROLETARI?RS EN KOMMUNISTE
? ? ? In watter verhouding staan die Kommuniste tot die Pro letariers oor die algemeen ?
? ? ? Die Kommuniste maak nie 'n aparte party uit wat teen die ander arbeiderpartye gekant is nie. Hulle het geen belange wat verskillend is en geskeie is wan die belange van die proletariaat nie.
? ? ? Hulle stel geen bepaalde beginsels op waarvolgens hulle' die proletariese beweging wil inrig nie.
? ? ? Die Kommuniste onderskei hulle van die proletariese par tye slegs hierdeur: dat hulle aan die een kant in die ver skillende nasionale worstelings van die proletariaat diegemeenskaplike belange van die hele proletariaat, afgesieni van nasionaliteit, op die voorgrond bring en laat geld, en aan i die ander kant dat hulle in die verskillende ontwikkelingsstadia, wat die stryd tussen proletariaat en bourgeoisie deurmaak, steeds vir die belange van die gesamentlike beweging opkom.
? ? ? Die Kommuniste is dus prakties die mees besliste, steeds. verder strewende deel van die arbeiderpartye van alle lande; teoreties is hulle die groot massa van die proletariaat voor in hulle insig in die omstandighede, die rigting en die ?? algemene gevolge van die proletariese beweging.
? ? ? Die onmiddellike doel van die Kommuniste is dieselfde as ? die van alle ander proletariese partye: vorming van die proletariaat tot 'n klas, die val van die bourgeois-heerskappy, die verowering van die politieke mag deur dieproletariaat.
? ? ? Die teoretiese Stellings van die Kommuniste berus geensins op idees en beginsels wat deur een of ander wereldhervormer uitgevind of ontdek is nie.
? ? ? Hulle is eenvoudig 'n algemene uitdrukking van die werklike omstandighede van 'n bestaande klassestryd—'n historiese beweging wat onder ons oe aan die gang is. Die afskaffing van vorige eiendomsverhoudinge is nie iets wat die Kommuniste uitsluitend kenmerk nie.
? ? ? Alle eiendomsverhoudinge is in die verlede aan 'n be stendige historiese wisseling, 'n bestendige historiese veran dering onderworpe.
? ? ? Die Franse Rewolusie byvoorbeeld het die feudale eiendom ten gunste van die bourgeois afgeskaf.
? ? ? Wat die Kommunisme onderskei, is nie die afskaffing van eiendom oor die algemeen nie, maar die afskaffing van bourgeois-eiendom.
? ? ? Maar die moderne bourgeois-private eiendom is die laasteen volledigste uiting van 'n metode "van produksie en toeeiening van produkte wat op klassestryd en die uitbuiting; van een mens deur 'n ander berus.
? ? ? In die sin kan die Kommuniste hulle teoriee' in een uit drukking saamvat: afskaffing van die private eiendom.
? ? ? Ons, Kommuniste, word verwyt dat ons eiendom wat persoonlik verkry is, deur die arbeid verwerf, wil afskaf— die eiendom wat die grondslag is van alle persoonlike vryheid, werksaamheid en selfstandigheid.
? ? ? Eiendom wat swaar verkry is, deur werk bekom, selfverdiende eiendom. Spreek u van die eiendom van die kleinburger en die kleinboer, wat die bourgeois-eiendom vooruitgegaan het? Ons hoef dit nie af te skaf nie; die ontwikkeling van die industrie het dit afgeskaf en skaf dit nog daagliks af.
? ? ? Of spreek u van die moderne private bourgeois-eiendom?" Maar verskaf sy loonarbeid, die arbeid van die Prole tarier dan miskien vir hom eiendom? Glad nie. Dit verskaf kapitaal, d.w.s. die soort eiendom wat die loon arbeid uitbuit, wat alleen kan vermeerder onder die voorwaarde dat hy nuwe loonarbeid voortbring om dit opnuut uit te buit. Die eiendom in sy huidige vorm berus op die teenstrydigheid tussen kapitaal en loonarbeid. Laat ons albei kante van hierdie teenstrydigheid beskou.
? ? ? Om 'n kapitalis te wees beteken nie net om 'n suiwer persoonlike nie maar om ;n maatskaplike posisie in die produksie te neem. Die kapitaal is 'n gemeenskaplike produk en kan alleen deur die samewerking van baie lede, ja, op die ou end deur die samewerking van al die lede van die maatskappy, in beweging gebring word.
? ? ? Die kapitaal is dus nie 'n persoonlike nie, maar 'n maat skaplike mag.
? ? ? Wanneer dus die kapitaal in gemeenskaplike eiendom omskep word wat aan al die lede van die maatskappy behoort, dan word persoonlike eiendom nie daardeur in maatskaplike eiendom omskep nie. Alleen die maatskap like karakter van die eiendom verander. Hy verloor sy klaskarakter.
? ? ? Ons kom nou by loonarbeid.
? ? ? Die gemiddelde prys van loonarbeid is die minimum arbeidsloon, d.w.s. die totaal van lewensmiddele wat nodig is om die arbeider as arbeider aan die lewe te hou. Wat die arbeider dus deur sy werksaamheid vir hom toeeien, is alleen genoeg om sy blote bestaan voort te sit. Ons wil die persoonlike toeeiening van die arbeidsprodukte vir die instandhouding van die onmiddellike bestaan geensins afskaf nie—'n toeeiening wat geen surplus oorlaat wat mag oor die arbeid van andere kan gee nie. Ons wil alleen die ellendige aard van die toeeiening afskaf waardeur die arbeider alleen lewe om die kapitaal te vermeerder, alleen in soverre leef as die belange van die regerende klas dit vereis.
? ? ? In die bourgeois-maatskappy is die lewende arbeid slegs ‘n middel om die voorraad opgehoopte arbeid te vermeerder. In die Kommunistiese maatskappy is opgehoopte arbeid slegs 'n middel om die bestaan van die arbeiders te verruim, te verryk en te bevorder.
? ? ? In die bourgeois-maatskappy dus speel die verlede baas -oor die toekoms; in die Kommunistiese maatskappy heers die toekoms oor die verlede. In die bourgeois-maatskappy is die kapitaal selfstandig en persoonlik terwyl die lewende indiwidu afhanklik en onpersoonlik is.
? ? ? En die afskaffing van hierdie toestand van sake noem die bourgeoisie afskaffing van persoonlikheid en vryheid! En met reg. Sonder twyfel word die afskaffing beoog van bourgeois-persoonlikheid, bourgeois-selfstandigheid en bourrgeois- vryheid.
? ? ? Onder vryheid word verstaan onder die teenswoordige produksieverhoudinge die vrye handel, die vrye koop en verkoop.
? ? ? Maar as die handel verdwyn, verdwyn vrye handel ook. Die praatjies oor die vrye handel, soos al die ander vryheids- geklets van ons bourgeoisie, kan alleen enige betekenis he in teenstelling met onvrye handel, met die slaafse burgers van die Middeleeue, maar nie in teenstelling met die Kommu nistiese afskaffing van handel, van die bourgeois-produksietoestande en van die bourgeoisie self nie.
? ? ? U is vreeslik ontsteld daaroor dat ons private eiendom wil afskaf. Maar in u bestaande maatskappy is private -eiendom alreeds vir nege-tiendes van sy lede afgeskaf; dit bestaan juis daardeur dat dit vir nege-tiendes nie bestaan nie. U verwyt ons dus dat ons 'n eiendom wil afskaf vir die bestaan waarvan die afwesigheid van enige eiendom vir 'die oorgrote meerderheid van die maatskappy 'n noodwendige voorwaarde is.
? ? ? In een woord, u verwyt ons dat ons u eiendom wil afskaf. Juis, dit is presies wat ons wil doen.
? ? ? Van die oomblik af dat arbeid nie meer in kapitaal, geld, rgrondrente, in kort in 'n monopoliseerbare maatskaplike mag omskep kan word nie, d.w.s. van die oomblik dat per soonlike eiendom nie meer in bourgeois-eiendom omgeset kan word nie, van daardie oomblik af, verklaar u, verdwyn die indiwidualiteit.
? ? ? U erken dus dat u onder ,, die indiwidu " niemand anders verstaan nie as die bourgeois, die middelklas-eienaar. Die persoonlikheid sal seer seker afgeskaf word.
? ? ? Die Kommunisme ontneem niemand die mag om homself maatskaplike produkte toe te eien nie; dit ontneem 'n mens alleen die mag om deur die toeeiening die arbeid van ander aan jou te onderwerp.
? ? ? Daar is teen ons aangevoer dat met die afskaffing van private eiendom alle werk sou ophou en 'n algemene luiheidl intree. Volgens hierdie bewering behoort die bourgeoismaatskappy lankal aan die luiheid te gronde te gegaan net,, want diegene wat daarin werk, win nie, en diegene wat daarin win, werk nie. Die hele begrip kom op hierdie tautologie neer: daar kan geen loonarbeid meer wees nie sodra daar geen kapitaal meer is nie.
? ? ? Al die besware wat teen die Kommunistiese wyse van toeeiening en produksie van stoflike produkte aangevoer word, is ook teen die toeeiening en produksie van geestelike produkte gebruik. Net soos vir die bourgeois die einde van klasse-eiendom die einde van produksie self beteken, so staan die einde van klasse-kultuur vir hom gelyk met die einde van alle kultuur.
? ? ? Die kultuur waarvan hy die verlies betreur, beteken vir die oorgrote meerderheid eenvoudig opleiding om die ma sjien te vervang.
? ? ? Maar moenie met ons stry solank as u die afskaffing van bourgeois-eiendom aan u bourgeoisopvattings van vryheid kultuur, reg, ens. meet nie. U idees self is voortbrengsels van bourgeois-produksie- en -eiendomstoestande net soos u reg alleen die wil van u klas is wat tot wet verhewe is—'n wil waarvan die inhoud bepaal is deur die materiele lewens toestande van u klas.
? ? ? Die selfstugtige voorstelling waarin u u produksie- en eiendomstoestande—historiese toestande wat in die loop van produksie kom en gaan—in ewige wette van die natuur en die rede verander sien, deel u met alle vorige heersende klasse. Wat u in die geval van die eiendom van vervange tye waarneem, wat u in die geval van feudale eiendom waar neem, dit durf u natuurlik nie meer in die geval van bour geois-eiendom waarneem nie.
? ? ? Afskaffing van die gesin. Selfs die radikaalste word warm oor die skandelike plan van die Kommuniste. Waarop berus die teenswoordige, die bourgeois-gesin ? Op kapitaal, op private winste. In sy volledig-ontwikkelde vorm bestaan die gesin alleen onder die bourgeoisie; maar hy vind sy aanvulling in die gedwonge gesinsloosheid van die Proletariers en die openbare prostitusie.
? ? ? Die familie van die bourgeoisie sal natuurlik wegval wanneer sy aanvulling wegval, en albei sal verdwyn met die verdwyning van die kapitaal.
? ? ? Verwyt u ons dat ons die uitbuiting van kinders deur hulle ouers wil afskaf? Ons beken die misdaad.
? ? ? Maar, sal u se, ons skaf die innigste verhoudinge af wanneer ons huislike opleiding deur maatskaplike opvoeding vervang.
? ? ? En is u opvoeding dan nie ook deur die maatskappy bepaal nie, deur die maatskaplike toestande waarin u opvoed, deur die direkte of indirekte ingryping van die maat skappy, deur middel van die skole ens., nie? Die Kom muniste het die invloed van die maatskappy op die opvoed ing nie ontdek nie; hulle wil alleen sy aard verander; hulle wil die opvoeding aan die invloed van die heersende klas ontruk.
? ? ? Die bourgeois-vroompraatjies oor familie en opvoeding, oor die innige verhouding tussen ouers en kinders word des te meer walglik hoe meer, as gevolg van die grootindustrie, alle familiebande onder die Proletariers verskeur word en die kinders eenvoudig verander word in handelsartiekels en arbeidsinstrumente.
? ? ? Maar julle, Kommuniste, wil gemeenskap van vroue invoer, skree die hele bourgeoisie in koor ons toe. Die bourgeois sien in sy vrou 'n blote produksie-instrument. Hy hoor dat die produksie-instrumente gemeenskaplik uitgebuit sal word, en kan hom natuurlik niks anders voorstel as dat die lot van gemeenskaplike besit vroue ook sal tref nie.
? ? ? Hy besef nie dat dit juis die doel is om die status van vroue as blote produksie-instrumente af te skaf nie.
? ? ? Temeer, daar is niks belagliker as die skynheilige verontwaardiging van ons bourgeoisie oor die beweerde offisiele vrouegemeenskap van die Kommuniste nie. Die Kommu niste hoef vrouegemeenskap nie in te voer nie; dit het so te se altyd bestaan.
? ? ? Ons bourgeoisie, nie daarmee tevrede dat hulle die vroue en dogters van hulle Proletariers tot hul beskikking het nie —om nie eens van offisiele prostitusie te praat nie—skep daar die grootste behae in om mekaar se vroue wederkerig te verlei.
? ? ? Die bourgeois-huwelik is in die werklikheid die gemeenskap van getroude vroue. Hoogstens sou 'n mens die Kom muniste kan verwyt dat hulle in die plaas van 'n huigelagtig verborge, 'n offisiele, openlike vrouegemeenskap wil invoer. Dit spreek origens vanself dat, met die afskaffing van die huidige produksietoestande, die vrouegemeenskapwat daaruit spruit ook sal verdwyn, d.w.s. die offisiele en nie-offisiele prostitusie.
? ? ? Dit word verder die Kommuniste verwyt dat hulle die vaderland, die nasionaliteit, wil afskaf.
? ? ? Die arbeiders het geen vaderland nie. 'n Mens kan nie van hulle afneem wat hulle nie het nie. Daar die prole tariaat in die eerste plek die politieke heerskappy moet verower, hulleself tot nasionale klas moet verhef, self as nasiemoet optree, is dit self nog nasionaal, ofskoon volstrek nie in die bourgeois sin van die woord nie.
? ? ? Nasionale afsondering en teenstrydigheid onder volke onderling verdwyn reeds meer en meer met die ontwik keling van die bourgeoisie, van handelsvryheid, die wereld mark, gelykvormigheid van industriele produksie en die daarby behorende lewenstoestande.
? ? ? Die heerskappy van die proletariaat sal hulle nog meer laat verdwyn. Gesamentlike optrede, van die vooraanstaande beskaafde volke, is een van die eerste voorwaardesvir die vrywording van die proletariaat.
? ? ? Namate die eksploitasie van een indiwidu deur 'n ander afgeskaf word, word die eksploitasie van een nasie deur 'n ander ook afgeskaf.
? ? ? Namate die teenstrydigheid van klasse binne die volke wegval, verdwyn die onderlinge vyandskap onder volke.
? ? ? Die aanklagte teen Kommunisme wat uit die godsdienstige, filosonese en ideologiese standpunt oor die algemeem gemaak wrord, verdien nie breedvoerige weerlegging nie. Is diepe insig nodig om te begryp dat met die lewensomstandighede van die mens, met sy maatskaplike bestaan,. ook sy idees, sy beskouinge en begrippe, in een woord ook sy bewussyn verander?
? ? ? Wat bewys die geskiedenis van idees anders as dat geeste like produksie volgens materiele produksie gewysig word- Die heersende idees van 'n tydperk is altyd maar die ideesvan sy heersende klas gewees.
? ? ? 'n Mens spreek van idees wat in 'n hele samelewing 'n. omwenteling veroorsaak; daarmee spreek 'n mens alleen die feit uit dat binne die ou samelewing die elemente van 'n nuwe gevorm word, dat die ontbinding van die ou idees gelyke tred hou met die ontbinding van die ou lewens-omstandighede.
? ? ? Toe die wereld van die oudheid aan die ondergaan was, is die ou godsdienste deur die Christelike geloof oorwin. Toe Christelike idees in die 18de eeu vir die rasionalisme rgewyk het, het die feudale maatskaapy sy doodstryd met die destydse rewolusionere bourgeoisie gestry. Die abstrakte idees van vryheid van gewete en geloof het slegs getuig van die heerskappy van vrye kompetisie op die gebied van kennis.
? ? ? ,, Sekerlik," sal dit nou gese word, ? is godsdienstige, morele, filosofiese, politieke en regs-idees ens. in die loop van die historiese ontwikkeling gewysig geword. Maar die godsdiens, die moraliteit, die filosofie, die politiek, die reg het by al die wisselinge steeds bly staan.
? ? ? Daar bestaan dus ewige waarhede, soos vryheid, regver- digheid, ens., wat aan alle maatskaplike toestande gemeen is. Maar die Kommunisme skaf die ewige waarhede af, dit skaf die godsdiens en moraliteit af in plaas van hulle 'n nuwe gestale te gee; dit weerspreek dus alle voorafgaande historiese ontwikkelinge."
? ? ? Waarop kom die aanklag neer? Die geskiedenis van die hele samelewing is tot dusver die ontwikkeling van klasse teenstrydighede gewees wat in verskillende tydvakke ver gütende vorms getoon het.
? ? ? Maar watter vorm hulle ook aangeneem het, is die uit buiting van een deel van die maatskappy deur die ander 'n feit wat aan alle vergange eeue gemeen is. Geen wonder dus dat die maatskaplike bewussyn van alle eeue, ondanks alle menigvuldigheid en verskeidenheid, hom in bepaalde gemeenskaplike vorme beweeg, in bewussynsvorme wat alleen met die volkome verdwyning van klasseteenstrydig hede heeltemal tot niet gaan.
? ? ? Die Kommunistiese rewolusie is die radikaalste breuk met tradisionele eiendomstoestande; geen wonder dat in sy ontwikkelingsgang ook tradisionele idees op die radikaalste wyse afgebreek word nie.
? ? ? Laat ons nou maar die bourgeois-besware teen die Kom munisme laat staan.
? ? ? Ons het reeds gesien dat die eerste stap in die arbeidersrewolusie die opheffing van die proletariaat tot heersende klas, die verowering van die demokrasie, is.
? ? ? Die proletariaat sal sy politieke heerskappy gebruik om die bourgeoisie bietjie vir bietjie alle kapitaal te ontneem;. om alle produksie-instrumente te sentraliseer in die hande van die staat, d.w.s. van die proletariaat as heersende klas georganiseer, en die hoeveelheid produksiekragte so gou as moontlik te vermeerder.
? ? ? Dit kan natuurlik in die begin slegs gebeur deur despotiese inbreuke op eiendomsregte en op bourgeois-produksieverhoudinge; deur maatreels dus wat ekonomies ontoereikend en onhoudbaar skyn, maar wat in die loop van die beweging hulleself verbystreef en as middel vir die omwenteling van die hele produksiewyse onvermydelik is.
? ? ? Die maatreels sal natuurlik in verskillende lande verskil lend wees.
? ? ? Vir die verste gevorderde lande sal die volgende egter vry algemeen kan toegepas word :—
? ? ? 1. Onteiening van grondbe.sit en gebruik van die grondrente vir staatsuitgawe.
? ? ? 2. Swaar progressiewe belasting.
? ? ? 3. Afskaffing van die erfreg.
? ? ? 4. Inbeslagneming van die eiendom van alle emigrante en rebelle.
? ? ? 5. Sentralisasie van die krediet in die hande van die staat deur 'n nasionale bank met staatskapitaal en uitsluitende monopolie.
? ? ? 6. Sentralisasie van verkeersmiddele in die hande van die staat.
? ? ? 7. Vermeerdering van Staats fabrieke, produksie-instru mente, bewerking en verbetering van grond volgens 'n gemeenskaplike plan.
? ? ? 8. Gelyke arbeidsplig vir almal, oprigting van indus triele leers, veral vir die landbou.
? ? ? 9. Vereniging van nywerheid en landbou. Bevordering van die geleidelike afskaffing van die onderskeid tussen stad en platteland.
? ? ? 10. Openbare en vrye onderwys vir alle kinders. Af skaffing van die fabrieksarbeid van kinders in sy bestaande vorm. Verbindung van die opvoeding met die materiele produksie, ens.
? ? ? As in die loop van die ontwikkeling klasse-onderskeid verdwyn en alle produksie in die hande van 'n reusagtige vereniging van die hele volk gekonsentreer word, sal die openbare mag sy politieke karakter verloor. Die politieke mag, in sy eintlike betekenis, is die georganiseerde mag van een klas vir die onderdrukking van 'n ander. As die proletariaat in die stryd teen die bourgeoisie hulle noodwendig tot 'n klas verenig, deur 'n rewolusie hulle tot heersende iklas maak, en as heersende klas met geweld die ou produksie-verhoudinge afskaf, dan skaf hulle saam met die produksie-verhoudinge ook die bestaanvoorwaardes vir klasseteenstrydighede, vir klasse in die algemeen, af en daarmee hulle eie heerskappy as klas.
? ? ? In die plek van die ou bourgeois-maatskappy met sy klasse en klasseteenstrydighede tree 'n gemeenskap waarin die vrye ontwikkeling van elkeen die voorwaarde is vir die wrye ontwikkeling van almal.